Jy is ses. Ma is in die hospitaal. Pa sê sy’t iets dom gedoen. Dis vir haar moeilik om gelukkig te wees.

Jy begin ‘n lys maak van alles in die lewe wat lekker is.

• 1. Roomys
• 2. Waterbalonne
• 3. Om later te mag wakkerbly om Orkney Snork Nie te kan kyk
• 4. Brakenjan
• 5.Spookasem
• 6. Die supertube!
• 7. Ek

Twintig jaar en duisende byvoegings later kry die lys ‘n lewe van sy eie.

Elke briljante ding is ‘n komedie oor depressie en hoe ver jy sal gaan om ‘n lewe te red.

* Debuut *

Met: Ilne Fourie

Regie: JP du Plessis

Teks: Duncan Macmillan
Vertaling: Jana Cloete
Verhoogbestuurder: Juanie Smith
Vervaardiger: JP du Plessis & Ilne Fourie

Elke briljante ding
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 13 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R120
Plek: Beyers Naudé, Bloemfontein
Datum: 9 Julie 18:00 & 20:00, 10 Julie 14:00 & 16:00, 11 Julie 20:00, 12 Julie 13:00 & 15:00, 14 Julie 19:00

Vrystaat Kunstefees 2018


Elke briljante ding


Elke briljante ding


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply