Die sesde Gedigtefees in McGregor vind vanjaar vanaf 24 tot 26 Augustus plaas. Gedigteliefhebbers wat die naweek gaan bywoon kan uitsien na voorlesings deur `n keur van meer as 160 Suid-Afrikaanse digters. Van die meer bekendes op vanjaar se program sluit Kobus Moolman, Galeo Saintz, Douglas Reid Skinner, Patricia Schonstein, Athol Williams, Toast Coetzer, Erns Grundling, Joan Hambidge, Phillippa Yaa, Willem Fransman, Fourie Botha, en Lara Kirsten in. Daar is ook verskeie oop- mikrofoon sessies wat gereel word deur twee Kaapse groepe Off the Wall en Grounding Sessions en soos elke jaar, is daar op die Vrydagoggend `n spesiale program wat vir leerders van omliggende skole aangebied word.

Die tema vir vanjaar se fees is “Die Klank van Water / The Sound of Water.” Digters van regoor die land het met entosiasme gereageer om hulle aanbiedinge by die tema te laat inpas. Kyk onder andere uit vir “Desert Rain” met David Tyfield, “Haunted by Water” met Wendy Woodward en Christine Coates, “Homage to the Waters” met Marguerite de Villiers, “Songs of Water” deur die Worst End Theatre Company en “Waterways” met Joseph Koetsier.

Daar is ook vanjaar opwindende aanbiedinge deur groepe. Kyk uit vir The Mothertongue Youth Theatre Company, `n voltydse teatergroep wat in McGregor gebaseer is. “Memories of Water” kombineer digkuns, teater en musiek en die selfgeskrewe teks word in Engels, Afrikaans en Xhosa aangebied. Tien digters van die Life Righting Collective kom ook saam om die produksie “Finding Water: This is how it is” na die fees te bring.

`n Baie spesiale inisiatief wat vanjaar vir die eerste keer aangepak word is die “Helenvale Poets “back a buddy” projek. Daar word daarna gemik om borgskappe/donasies in te samel om vanjaar 20 jong digters uit Hellevale Port Elizabeth na die fees te bring. Helenvale is `n area wat geken is vir armoede en geweld. Die Helenvale Gedigteprojek fokus daarop om jongmense in die area te help om kreatiewe uitdrukking te gee aan hulle gedagtes en sodoende hulself en hul medemens deur digkuns beter te leer ken. Vir meer inligting en om donasies te maak gaan na:
https://www.backabuddy.co.za/champion/project/helenvale-poets-attendance-at-the-mcgregor

Billy Kennedy, stigter van die Gedigtefees in McGregor se dat dit ongelooflik is om te sien hoe die fees deur die afgelope paar jaar gegroei het. “Ons kry elke jaar meer en meer belangstelling van digters van regoor Suid Afrika wat graag wil meemaak aan hierdie spesiale geleentheid. Dit maak my baie bly om te sien dat daar soveel belangstelling. Ek glo dat Digkuns van onskatbare waarde vir ons samelewing is.”

Kaartjies by Computicket vanaf middel Julie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply