Ella se perde

Die eksentrieke ‘perdevrou’ van die Overberg kry lewe op die verhoog in hierdie treffende toneelstuk deur die bekroonde dramaturg Charles Fourie.

Ella Gordon stel haar testament met die hulp van haar predikant op, en haar versoek om haar perde saam hemel
toe te neem, lei tot ’n komiese en roerende gesprek oor die hiernamaals en vergifnis.

Teks en regie: Charles J. Fourie
Met Mary Dreyer en Neels Coetzee

60 min. R75 Jack Hindon-lokaal
6 Apr. 19:00 7 Apr. 17:30 7 Apr. 20:00 8 Apr. 12:00

KKNK 2010

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar