Sangeres en liedjieskrywer, Eugenie, het in September 2021 ‘n uitgebreide reeks huiskonserte begin hou om haar nuwe musiek, sowel as die storie agter die musiek te deel in ‘n meer intieme atmosfeer met klein gehore.

Die ondersteuning en aanmoediging van hierdie musiekliefhebbers gee haar nie net die geleentheid om die materiaal te verfyn nie – dit stel haar ook in staat om te begin werk aan die opname en verwerking van haar album, Songs from the Book of Transit, saam met musiekvervaardiger Kyle Petersen.

Richard Brokensha (ghitaar,) Dane Coetzee, (tjello) en Karel Verhoef (kontrabas) is saam met Eugenie en Kyle by die Boer om die album bekend te stel op 4 Maart 2023.

Kaartjies is R190 en beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn www.dieboer.com

eugenie
Eugenie

Lewer kommentaar

Leave a Reply