Met ‘n beweeglike stelontwerp, bekroonde akteurs, ‘n klankbaan en liedjies geskryf vir dié produksie en lewendig uitgevoer deur Gertjie Besselsen en Jacques du Plessis van Mr Cat & The Jackal beloof hierdie produksie om jonk en oud te vermaak!
Die storie gaan oor Fin, ‘n ongewone seun op ‘n eiland. Fin weet alles van die see! Daar is egter nie tyd vir in die son lê en mengeldrankies drink op hierdie eiland nie. Fin word gekonfronteer met die Hooka Chaka stam wat sakke vol vars perlemoen wil opdis vir hulle tango aand!
Maak gereed vir ‘n onderwater see avontuur! Hierdie is ‘n kinder musiekblyspel wat almal sal betower. “Fin” is ‘n kleurvolle, wonder-eiland produksie, met hope sang, dans en gehoorinteraksie. Almal leer belangrike lesse oor die see en hoe om mooi na ons oseaan en sy diere te kyk.
Teks & Lirieke: Lindi-Heila Smit
Musiek: Gertjie Besselsen en Jacques Du Plessis
Rolverdeling: De Klerk Oelofse, Christine Wessels, Jacques Theron, Tyron Zoutman en Lindi-Heila Smit
Fin op sy eiland – ‘n Kinder Musiekblyspel is van 10 tot 13 Desember by die Ou Meulteater in die Paarl.
Bespreek by Vicky by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
