Die beste van die Suid-Afrikaanse toneelwêreld is die naweek bekroon met die oorhandiging van die Fleur du Cap-toekennings in die Kunstekaap-teater in Kaapstad.
Wenners vanjaar is:
Belowendste student: Christiaan Olwagen van die Universiteit Stellenbosch (almal wat die Universiteit van Stellenbosch se Cabaret gesien het onder regie van Marthinus Basson stem saam)
Rosalie van der Gucht-prys vir nuwe regisseurs: Michael Inglis vir Venom
Beste nuwe Suid-Afrikaanse drama: Mike van Graan vir Die Generaal
Beste ontwerp van rekwisiete: Nicholas en Luke Ellenbogen vir Raiders, Rasputin’s Rectangle
Beste kostuumontwerp: John Caviggia vir kostuums vir The Merchant of Venice
Beste beligtingontwerp: Jaco Bouwer, Albert Snyman en Rudolph van Jaarsveld vir Smag
Beste stelontwerp: Fred Abrahamse vir Assassins
Beste vertoning in ’n revue of kabaret: Graham Weir, Christine Weir, Jason Ralph, Pierre van Heerden en Amanda Tiffin in Not the Midnight Mass
Beste optrede in ’n musiekspel: André Jacobs in Assassins
Beste optrede in ’n eenpersoonvertoning: Shaleen Surtie-Richards in Shirley Valentyn
Toekenning vir innoverende denke in die teater: Megan Choritz vir Teatersport
Toekenning vir lewenswerk: Lynette Marais, voormalige direkteur van die Nasionale Kunstefees in Grahamstad.
Gewildste produksie soos deur die publiek gekies: Teatersport
Beste aktrise in ’n ondersteunende rol: Quanita Adams in Cissie
Beste akteur in ’n ondersteunende rol: Guy de Lancey in Glengarry Glen Ross
Beste akteur in ’n hoofrol: Jeremy Crutchley in The Merchant of Venice
Beste aktrise in ’n hoofrol: Mwenya Kabwe in Yellowman
Beste regisseur : Jaco Bouwer vir Smag