Haas Das hou konsert: Boeboe en die warm, pap maroela

Dit is dan nou sesuur en hier volg ‘n baie belangrike aankondiging!

Haas Das se Nuuskas, dit is nou EK en my dierevriende kom kuier binnekort in Menseland … al die ou bekende dierevriende asook ‘n paar nuwelinge en natuurlik die pragtige liedjies sal daar wees!

Hier volg ‘n nooduitsending!

Boeboe Bobbejaan het aan ’n warm pap maroela gesuig, sy kop het begin draai, hy het in ’n erdvarkgat geval en sy roes uitgeslaap. Bettina Bobbejaan is in ‘n vreeslike toestand, sy glo vas dat Hoohoeff Hiëna haar jongstetjie, Boeboe gevang het.

Ons vra dat ALMAL, en dis nou JULLE, moet kom help met die groot soektog na ons geliefde klein Boeboe Bobbejaantjie!

Piet Muis en Haas Das
Piet Muis en Haas Das

Boeboe en die warm, pap maroela is binnekort by Die Boer in Durbanville.

Lewer kommentaar

Leave a Reply