Hip Hop Connected – Love of my Life keer ná vier jaar van opeenvolgende uitverkoopte sale terug met dinamiese dans, polsende ritmes, asemrowende beligting en ‘n uitstekende rolverdeling.
Die 2009-opvoering bid ‘n toonvenster aan Hip Hop-groepe wat deur die jare ‘n groot impak op Hip Hop gehad het. Kom ervaar die aktiwiteite in die foyer van Kunstekaap in Kaapstad, waar lewendig dansdemonstrasies, uitstallings, platejoggies te sien sal wees en waar tydskrifte, DVDs, klere en CDs te koop is. Kaartjies kos R35.
