RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Tobie was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Teatergehore kry nou die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke en beloof om gehore te laat skaterlag.
Hans gee vir Herklaas Horings by Die Boer teater-restaurant in Durbanville
Met Tobie Cronjé en Ignatius van Heerden
2-4 Aug om 20:30 en Sondag om 14:00.
Kaartjies kos R220-00
