Dit gaan weer gons in Hermanus wanneer besoekers terugkeer vir die jaarlikse Hermanus FynArts van 9 tot 18 Junie. Feesgangers kan uitsien na ’n stimulerende en vermaaklike kuns- en kultuurprogram wat oor ’n volle tien dae strek.

Die uniekheid van hierdie fees, nou in sy 11de jaar, lê in die variasie van die aanbod wat ’n reeks visuele kunsdissiplines insluit – musiekuitvoerings, van soliste tot ensembles en orkeste; ‘n reeks praatjies en aanbiedings oor kunsverwante en aktualiteitsonderwerpe; kookkuns wat vanjaar beide demonstrasies en werkswinkels sal insluit; wynproeë en spesiale aandetes; en ‘n verskeidenheid werkswinkels, van beeldhouwerk, verf en handwerk, tot skryf, fotografie, kook en blommerangskikking.

Lewer kommentaar

Leave a Reply