Beleef ‘n betowerende reis van Broadway tot Bloubergstrand. Zanne Stapelberg de Lange, een van Suid-Afrika se mees geliefde en gevierde sangers, sing ikoniese Broadway-liedjies van Sondheim, Gershwin, Lloyd Webber, Harold Arlen, Kander en Ebb. Zanne nooi jou om saam met haar op ‘n onvergeetlike musikale avontuur, met musiek uit Into the Woods, Babes in Arms, Annie Get Your Gun, Cabaret, Phantom of the Opera, The Wizard of Oz, Funny Girl, Les Miserables, Porgy and Bess, Yentl en The Greatest Showman.
Haar vermoë om sonder moeite te beweeg buite die omvang van genre-grense is een van Zanne se grootste kenmerke as kunstenaar. Sy vleg ook Afrikaanse meesterstukke in, soos “Stille Waters” deur Laurika Rauch, “Karoonag” van Coenie de Villiers en Philip de Vos en Albie Louw se sielvolle “Bloubergstrand”. Zanne word begelei deur die legendariese pianis, Elna van der Merwe.
Broadway to Bloubergstrand – passievolle, prettige, onvergeetlike musiek.
10 Junie om 20h30 en 11 Junie om 14h00 by Die Boer in Durbanville
Kaartjies kos R220 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com