Lukas Potgieter, skrywer en vervaardiger van Die Dans Kort Film en The Last Night Of Lockdown Short Film tree op die verhoog vir sy debuut in die teaterwêreld met ’n nuwe produksie ter ere van Jopie Fourie.
Die verhoogspel, geskep en vervaardig deur Potgieter, sal op 27 Julie 2024 by die Jopie Fees by die Voortrekker Monument in Pretoria debuteer.
Potgieter het hierdie geleentheid aangegryp om die legendariese lewe van Jopie Fourie op die verhoog te bring.
“Ek is opgewonde om my werk na die verhoog te bring en die geleentheid te hê om ’n legende soos Jopie Fourie te eer,” sê Potgieter. “Ek glo dat hierdie verhoogspel ’n diep impak sal hê op die gehoor en ’n nuwe waardering sal bring vir die man en sy nalatenskap.”
Die vertoning sal plaasvind op 27 Julie tydens die Jopie Fees in Pretoria. Kaartjies is beskikbaar by Plankton.mobi https://plankton.mobi/Events/EventBooking/d2e57073-25c1-45b8-a331-a90db58d5f93
