Wolfgang Riebe, die welbekende kulkunstenaar van die Maak ’n Las reekse in 2000, asook sy eie TV reekse Abracadabra op SAUK, is terug in die Kaap na 7 jaar.
Na vele professionele korporatiewe kontrakte as motiveringsspreker en kulkunstenaar in Europa, asook ‘ Cruise Director’ vir Viking cruises, laat hom sê, “Genoeg is genoeg!”
Gaan hy aftree, natuurlik in sy verbeelding, sê sy vriende. Wolfgang wil graag nog sy passie deel. Lewens ondervinding met optredes en toesprake in oor die 165 lande, gepaard met 35 boeke moet gedeel word.
Dit is presies wat hy beoog met sy nuwe motiverings toespraak, genoem, I Left, I’m Back, Here’s Why? En hierdie week offer hy sy komedie kulkuns vertoning by Die Boer teater in Durbanville, Saterdag 16 September 2023 om 20h30. Kaartjies is amper uitverkoop, so bespreek by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

