iSystem

Hierdie aanbieding in die 2013 Kunstekaap Lente Dramaseisoen by die Arena in Kaapstad handel oor ‘n polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n onskuldige, ongewapende bystander geskiet het.

Die daaropvolgende geregtelike ondersoek ontbloot nie net die krake in sy psige nie, maar ook dié van die ‘stelsel’ waarvoor hy sy lewe waag.

Die toneelstuk konfronteer korrupsie in die polisie.

16 – 30 November
Kaartjies wissel van R50 tot R85.

Lewer kommentaar

Leave a Reply