Joan Rivers het ophou asemhaal tydens ’n operasie aan haar stembande verlede week. Sy is sedertdien aan die lewe gehou in die hospitaal, maar het op 4 September gesterf. Sy was 81 jaar oud.
Rivers was ’n aktrise en komediant wat bekend was vir haar skerp bitsige kommentaar. ’n Paar jaar gelede het sy getwiet dat sy soveel plastiese chirurgie ondergaan het, dat God haar nie gaan herken wanneer sy sterf nie.
Rivers het selfs ’n Tony-toekenning agter haar naam gehad vir die hoofrol in Sally Marr … and her Escorts in 1994.
