Kombineer Shakespeare, rap en weermag-sleng, en skryf ‘n Suid-Afrikaanse Natural Born Killers. Die resultaat? Johnny Boskak – ‘n “spoken word rock opera” wat nog sy gelyke soek.
Daar is liefde, ‘n soeke na geloof en ‘n jaagtog van Durban tot Secunda, van Hillbrow na die Hel en terug.
Dit is ‘n donker tragikomedie oor ‘n wit ou en sy kougom-kouende, blink-lip, gatskop-cherrie – ‘n baie moeilike meisie.
Syd Kitchen (kitaarman, sanger en liedjieskrywer) het ‘n oorspronklike klankbaan gekomponeer en speel terwyl Greig Coetzee optree.
Dié stuk is met groot sukses in Brittanje opgevoer en het die Scotsman Fringe First Award by die Edinburgh-fees ingepalm.
“Dazzling… mesmerizing” The Guardian, Londen
Teks: Greig Coetzee
Regie: Genna Lewis
Musiek-komposisie: Syd Kitchen
Met Greig Coetzee en Syd Kitchen (kitaar)
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
