“Vinnig aan die hardloop, gebalanseer op ‘n lempunt, kaalkop, maar met ‘n haarkrul op sy voorkop, dra Kairos geen klere nie; as jy hom gryp aan sy voorkant, kan jy hom dalk vashou, maar as hy eers aanbeweeg het kan nie eers Zeus hom terugtrek nie.” [Fabels van Aesopus 536]
‘n Noodlot wag om volvoer te word. Die gewone raak die buitengewone. Soos die afgemete pas van linieêre tyd oopgekraak word deur goddelike ingryping, en ‘n katastrofiese vloedgesty die aarde se oppervlak vir ewig verander, moet jong Kairos die geleentheid aangryp van sy naamgenoot en ‘n reis onderneem na die onbekende water van die toekoms, waar hy hoop om Ceres te vind, die suster wat deur die vloed weggevoer is.
Die landskap is vol gevare en onvoorspelbaar, bewoon deur plunderaars en rowers. Om sy noodlot te volvoer moet Kairos in die vloedgety van geleentheid tree, en Ceres terugbring na die vlaktes.
Kairos, ‘n fisieke teater produksie met regie deur Samantha Pienaar.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)