Uiteindelik is die veel bekroonde produksie Kamphoer, met Sandra Prinsloo, by Hoërskool Curro Durbanville se splinternuwe Kultura Fees (20-27 Junie 2025).
Gegrond op ʼn ongelooflike verhaal, vertolk Suid-Afrikaanse legende Sandra Prinsloo die uitdagende rol van Susan Nell wat gedurende die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) in ʼn konsentrasiekamp beland waar sy deur twee Britse offisiere en ’n joiner wreedaardig verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef die gruweldaad en reis gedurende die Eerste Wêreldoorlog na ʼn psigiatriese hospitaal in Engeland waar haar paaie kruis met een van haar verkragters, waar hy as pasiënt aan bomskok ly. Met dié herontmoeting word Susan opnuut gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede.
Teks: Cecilia du Toit, Sandra Prinsloo en Lara Foot
Gegrond op die topverkoper en debuutroman Kamphoer deur Francois Smit en die niefiksie-publikasie The Boer Whore deur Nico Moolman
Regie: Lara Foot
75 minute
Geen onder 14 Jaar
BESPREEK: https://www.quicket.co.za/events/308399-kultura-fees-sandra-prinsloo-in-kamphoer-die-verhaal-van-susan-nell/#/seats

