#KKNK Al julle volke

Al julle volke,
Roekeloos,
15 Maart.

Die splinternuwe stuk deur Wessel Pretorius kombineer drama, bewegingsteater en dans om sosiopolitiese kommentaar te lewer op en metafories om te gaan met die Afrikaner se soeke na ’n leier.

Dit roer ook geloof, vriendskap, manlikheid en verskillende definisies van liefde en toewyding aan.

Pretorius is die wenner van die 2015 Afrikaans Onbeperkprys vir ’n Jong Stem vir sy grensverskuiwende bydrae tot Suid-Afrikaanse toneel.

* Debuut *

Met: Greta Pietersen, Wessel Pretorius en JP Rossouw
Teks en vervaardiger: Wessel Pretorius
Regie: Nico Scheepers en Wessel Pretorius
Choreografie: Nico Scheepers

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/16 jaar
Tydsduur: 90 minute
Kaartjies: R 80
Plek: Laerskool van Reedesaal, Oudtshoorn
Datum: 5 April: 19:00; 6 April: 09:00; 7 April: 16:00; 8 April: 12:30; 9 April: 12:30; 10 April: 19:00

KKNK 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar