Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas

Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas,
Bettie Blom,
15 Maart 2015.


In die duistere wêreld van spioene geld die gewone reëls nie en is alles geoorloof in die naam van landsveiligheid – selfs om met die staat se Vyand No. 1 te praat.

Dit is presies wat Niël Barnard in die laat 1980’s as hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NI) gedoen het. In opdrag van PW Botha het hy in die geheim gesprekke met Nelson Mandela begin voer oor die moontlikheid van ’n demokratiese verkiesing en ’n meerderheidsregering. Nie eens die kabinet was bewus van hierdie gesprekke nie.

Geheime Revolusie onthul besonderhede oor hierdie ontmoetings – die eerste stap in die rigting van ’n demokratiese Suid-Afrika – asook oor die spesiale persoonlike band wat tussen die twee mans ontwikkel het. Sowel Mandela as Barnard was sterk persoonlikhede wat by tye hardkoppig en selfs kwasterig kon wees, maar al twee het die gewig besef van dit waarmee hulle besig was.

Die boek bied ook ’n fassinerende blik op die alledaagse lewe van spioene en die suksesse van NI in die 1980’s. As spioenbaas het Barnard daarin geslaag om bande te vestig met vriende en vyande van die Suid-Afrikaanse staat. Hy het nie net talle Afrika-leiers besoek in ’n tyd toe Suid-Afrika die muishond van die wêreld was nie, maar selfs intelligensiebande met kommunistiese Rusland gebou.

’n Moet vir enigeen wat wonder oor wat alles in die 1980’s agter die politieke skerms gebeur het.

Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas
Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas
Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas word op 24 April 2015 uitgegee.

Die boek sal ook in Engels beskikbaar wees as Secret Revolution: Memoirs of a Spy Boss.

Geheime revolusie: Memoires van ’n spioenbaas / deur Niël Barnard & Tobie Wiese — Tafelberg, 24 April 2015 — 288 p. ; sagteband. — ISBN 9780624066149

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply