Te midde van ’n suksesvolle verhoogloopbaan doen Antoinette Pienaar in Mali serebrale malaria op en sterf byna. Uiters verswak word sy sewe jaar lank die vakleerling van ’n negentigjarige Griekwaleermeester, oom Johannes Willemse, by wie sy die helingskuns van Karookruie, maar ook baie lewenskuns leer. In haar baie suksesvolle boek, met kleurfoto’s en deeglike indekse – en nou in hierdie verhoogstuk – deel sy haar lewe en haar geheime oor kruie vir die pyn, met ruim wysheid.
Woordfees 2009
9 Maart 18:00 ● 10 Maart 20:15 ● Klein Libertas Teater ● 70min ● R70
