La Traviata

Die tragiese verhaal van La Traviata is die eerste maal in 1848 neergeskryf deur Alexandre Dumas en genoem La Dame aux Camellias. Die storie het gou een van die mees geliefde werke geword van die negentiende eeu, en dit was dus geen verrassing toe Giuseppe Verdi die Dumas narratief vir die opera verhoog verwerk het in sy produksie van La Traviata in 1853 nie.

SABT (Suid-Afrikaanse Ballet Teater) se produksie word behartig deur hul koreograaf, Veronica Paeper (van die Cape Town City Ballet). Me Paeper is so pas terug uit Engeland waar sy La Traviata (of Camille soos sy graag na haar weergawe daarvan verwys) vir die Northern Ballet Theatre in England, behartig het. Die SABT word vir die Suid-Afrikaanse produksie bygestaan deur The Johannesburg Festival Orchestra wat die oorspronklike Verdi komposisie gaan uitvoer.

La Traviata is in die Staatsteater van 28 Mei tot 19 Junie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply