Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan
Blommeland se eie “Strictly come dancing”? Weet sy dan ooit wat ‘n wals is? En
wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die
Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland
kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe.
Wanneer Margit Meyer-Rödenbeck (Levinia, teks en regie) en Deon van Zyl (Karel
Kat, Geelheks, Koning Rosekrans) Verna Vels se stories vir die verhoog
verlewendig, spring hulle met mag en mening in en so ook die gehoor, want daar is
hope gehoordeelname Hierdie duo wat Verna Vels se verhale verlewendig, is al talle
kere genomineer vir beste kinderteater (kykNET Fiësta & Fleur du Cap) en het twee
keer die KKNK KANNA toekenning vir hierdie genre ontvang.
Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck na gelang van Verna Vels se stories
Regie en Vervaardiging: Margit Meyer-Rödenbeck
Tydsduur: 60 minute
Teikengehoor: 3-103 jaar
22 FEB om 14:00 DIE BOER TEATER in Durbanville- 021 979 1911 of
www.dieboer.com
1 MAART om 09:30 & 11:30 ATTERBURY TEATER in Pretoria-
www.seatme.co.za
2 April om 09:30, 3 April om 09:00; 4 April 12:30 KKNK- kykNET Hoërskool
Oudtshoorn- Webtickets
3 Mei om 12:00- Suidoosterfees- Webtickets
10 Mei om 11:00 & 14:00 Koelkamers- Paternoster- www.diekoelkamers.com
LIEWE HEKSIE VANG VIS toer ook steeds
9 MAART- kykNET Buite Ekspo- Moredouplaas- Malmesbury
21 MAART- The Stage coach @ Santos Express- Mosselbaai- Quicket
22 MAART- TEATER BY DIE SEE FEES- Jeffreysbaai- NG Kerk Kompleks- Quicket
