As jy sit en kyk op TV hoe ’n man ’n TV steel, ’n TV wat nie in sy klein wegkommotor pas nie, dan besef jy dat daar is beslis baie om oor te praat.
LOOT! bevat nuwe materiaal van Marc Lottering. Hy praat van in die ry sit vir sy eerste inenting en hy wonder hoe die plunderaars die kiste vervoer het wat hulle gebuit het.
LOOT! Is by Die Boer in Durbanville vanaf 31 Augustus tot 4 September 2021.
Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
LOOT! is ’n uur lank en nie geskik vir snotvreters nie.
