Die Britse aktrise Lynn Redgrave is oorlede in die ouderdom van 67. Sy is sedert 2003 vir borskanker behandel.
Haar suster is die bekende Vanessa Redgrave en oorlede Natasha Richardson haar niggie.
Bekende films waarin Lynn Redgrave te sien was sluit in: Tom Jones (1963), Georgy Girl (1965), Shine (1996) en The Jane Austen Book Club (2007).
