Magda mag ma menopause hê

Sy is die bedonnerde vrou wat hul Magda noem. ‘n Ma, ‘n lover, ‘n séance en ‘n vrou in haar oorgangsjare. Jy gaan lag, jy gaan huil, jy gaan huil van die lag!

Oops! Oops! Shit Dêmmit daar gebeur dit nou, agge nee, nes ek dink ek is ok, dan gebeur dit.. dammit, shit, hel. My derde kreun. Ek kan dit nie glo nie.. nou al. Derde kreun in 51 jaar 11 maande en ‘n paar dae. My ouma het altyd gesê dat ‘n vrou net 3 keer in haar lewe kreun en dat dit elke keer ‘n soort mylpaal in jou lewe aankondig.

Die eerste kreun is net voor jou eerste nat doek. Al kan ek nie, wil ek dit nie onthou nie. Die tweede, is die dag as jy besluit, jy het nou die liefde in jou lewe ontmoet en dis tyd om jou blom te verloor. Nodeloos om te sê, onthou ek dit. Maar om die waarheid te sê, wat ek daardie dag gedoen het was nie eintlik kreun nie. Ek was op ‘n stadium so opgewonde dat ek van pure plesier begin skree het en my ma gevoel het dis haar plig om aan my kamerdeur te kom klop:

“Sussie, vry julle?”

“Nee ma ons doen wiskunde!” Is al wat ek kon uitkry. Die derde en laaste kreun is die dag as jou.. jou.. menopause begin.”

Ja, dit het gebeur, Magda se oorgangsjare het begin. Hulle noem dit menopause, maar vir haar is daar geen pouse aan die hel wat sy nou moet deurmaak nie. Oorgang van wat na wat, is dit tyd dat meisie vrou word of tyd dat vrou wolf word. “.iemand, bring die fan nader asseblief!” Soos sy soek na antwoorde en oplossings, blameer en beskuldig sy alles en almal. Wie se skuld is dit en was Eva regtig nie die eerste vrou nie?

Die versigtige man is Leon Kruger, skrywer van treffer komedies soos Testosmoroon en skeitBANG!. Met Petro van den Heever as Magda, regie deur Gaerin Hauptfleisch en die teks geskryf deur Leon Kruger.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar