Die Rooibosriel

Sien die jongmense met die oorfone in die ore is mos horende doof en sienende blind, maar Ouma Makkie roep vir Pieternella Boom om die stories wat in die riel opgesluit is, oop te maak vir die jongklomp.

Soos die resies tussen oom Smittie, sy foxterrier en die tier, of ken jy die een van oom Kateltjie wat so vreeslik geslaan is deur sy vrou, Antie Besempie? En wat is die weduwee antie Bester so danig met oom Kateltjie? En wat van Pagel se sirkus wat met die mankolieke tier en die siek leeu die hoogtepunt van die sosiale kalender is? En die egskeidings wat so by die dosyn in die polisiestasie gebeur, en wat van die spook wat so rondmiaau daar in die Engelse begraafplaas? En wat van oom Sternie wat so glad met die mond is?

Die verstommende storieverteltegniek van Marion Holm en nege plaaslike akteurs bring die plaaslike vertellers se stories verhoog toe.

Dié stories is in ‘n teks vervat deur Hennie van Greunen (wat al stories soos K, Op die Vrou af en Lyf Cederbergfees toe gebring het)

Regie: Pedro Kruger – akteur (Blougat, Oorlog, Lyf en Op die Vrou af) en Liriekeraai-spankaptein.

Elke Clanwilliamer moet die rooibosriel saam met hierdie talentvolle groep kom dans!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar