// argiewe

Cederbergfees

Hierdie tag word geassosieer met 18 bydraes

Brother Love

Op hulle eie is hulle dinamiet. Saam is hulle plofbaar. Die uiters talentvolle broers, Emo en Loukmaan Adams, is huishoudelike name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Nou is hulle saam by die fees om jou met hul onweerstaanbare sjarme en altydteenwoordige broederlike wedywering te oorrompel. Vervaardigers en teks deur Emo Adams, Loukmaan Adams en Basil Appolis. [...]

Opening van Cederberg Kunsuitstalling

Hansie Oosthuizen en Marlize Stone bied ‘n audiovisuele program aan ter ere van Titia Ballot: feeskunstenares van die Cederbergfees.

Gedenklesing: Prof. Kannemeyer

Wium van Zyl praat oor die lewe en werk van John Kannemeyer wat onlangs oorlede is, terwyl Dorothea van Zyl bypassende stukke lees en ‘n staaltjie of twee oor Kannemeyer vertel.

Storielied

Storielied is ‘n moet vir musiekliefhebbers en boekwurms!

Vastrap van Jan Dissels tot Tra-Tra

Gaan saam op die donkiekar van Clanwilliam na die Wêreldbekende winkelstoep van Lekkerbekkie in Wupperthal.

Jan Visser – Cederberg uitstalling

Jan Visser Parys 1995.

Rymreise

Die bekendstelling van Rymreise vind by die Leipoldt-Nortier biblioteek in Clanwilliam plaas.

Spontaneous Embellishment in Clanwilliam

Spontaneous Embellishment se deurdagte verwerkings met interesante frasering en ritmes spreek van knap musikante en baie ondervinding.

Weskus-Party

Geniet ‘n aand vol Weskus-jolyt vir die hele gesin aangebied deur Basjan, Zandrug Aartappels en die Clanwilliam Gholfklub.

So ‘n bek moet jêm kry

Wat lê lekkerder op die tong as ‘n Afrikaanse idioom?

Jou Triller Show

Die aap is uit die mou – Michael Jackson is tall, dark en … Afrikaans!

Konsert by Die Bergteater

Geniet weer die jaarlikse saamkuier by die Bushman’s Cave Bergteater met Arno van Zyl en sy vriende uit die vermaaklikheidswêreld, as ‘n voorlopertjie tot vanjaar se Cederberg Kunstefees.

Skilderswerkwinkel

‘n Werkwinkel by vanjaar se Cederberg Kunstefees wat op almal gerig is – van beginners tot kenners.