Suidoosterfees 2019 – ‘n fees vir almal

Die 16de jaarlikse Suidoosterfees vind vanaf 24 tot 30 April by die Artscape-teatersentrum plaas en
sluit op 1 Mei by die Kaapse Stadsaal af.

#Suidoosterfees2014 Bolandse Klanke

Die Wellington Youth Band is ’n spesiale Artscape-projek onder leiding van Ian Smith, wat daarop gemik is om die talente van aspirant jazz-musikante van Wellington en Mbekweni te ontwikkel.

Brother Love

Op hulle eie is hulle dinamiet. Saam is hulle plofbaar. Die uiters talentvolle broers, Emo en Loukmaan Adams, is huishoudelike name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Nou is hulle saam by die fees om jou met hul onweerstaanbare sjarme en altydteenwoordige broederlike wedywering te oorrompel. Vervaardigers en teks deur Emo Adams, Loukmaan Adams en Basil Appolis. […]