#Woordfees Die sideboard – die musical

’n Ongeletterde Abraham de Bruin leer skryf om met sy “Tietser” Stella te trou.

Abraham begin sy reis deur die lewe met sy gesin en die sideboard wat hy as huweliksgeskenk gemaak het.

Deur die jare word die sideboard, soos Abraham en sy familie self, gereeld bedreig – eers deur die vuur wanneer sy huis afbrand en daarna deur magte wat teen hom werk.

Die storie handel ook oor Abraham se stryd om grond van sy eie te bekom en sy lewenslange vriendskap met Kobus Venter, die Afrikaner-jongman wat self probleme met sy familie het.

Met: Duncan Johnson, Chantal Stanfield, Zak Hendricks, André Terblanche, Karlé Briedenham, Marlo Minnaar, Simon Bruinders en Vanessa Lee

Regie: Albert Maritz

Teks: Simon Bruinders – die boek, Die Sideboard
Klankontwerp: Camillo Lombard
Vervaardiger: Lifeskills & Leadership Co-op

Genre: Musiekblyspel
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 2 uur 30 minute
Kaartjies: R110, R80 (pensioenarisse), R60 (kinders) | R130, R90 (pensioenarisse), R70 (kinders) by die deur
Plek: kykNET Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 4 Maart 16:00, 5 Maart 15:00, 7 Maart 20:30

Woordfees 2016

Die sideboard – die musical,
Roekeloos,
16 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply