#Woordfees Chris Chameleon in Africana – (dis)seksie!

In hierdie opwindende nuwe produksie neem Chris Chameleon gehore op ’n reis deur Africana.

Die giere, gewoontes, heilige koeie en tradisies van Afrikaners word gedissekteer om lig te werp op dié merkwaardige groep mense.

Saam met die soms gevoelige, soms uitbundige musiek waarvoor Chris alombekend is, en sy magnetiese verhoogpersoonlikheid, kan gehore seker wees van lekker lag, lekker luister en ’n bietjie nadink oor onse mense en hul maniere.

Genre: Musiek
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R120, R80 (studente) | R140, R90 (studente) by die deur
Plek: Neethlingshof, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 18:30

Woordfees 2016

Chris Chameleon in Africana – (dis)seksie!,
Roekeloos,
15 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar