Dis net hier by die Suidoosterfees waar almal van oral reis vir ʼn lekker smorgasbord van kos, kuns,
teater en kultuur met ʼn mengelmoes van jong, plaaslike, inheemse en uiteenlopende talent.
Die 16de jaarlikse Suidoosterfees vind vanaf 24 tot 30 April by die Artscape-teatersentrum plaas en
sluit op 1 Mei by die Kaapse Stadsaal af.
Enkele hoogtepunte speel af in die Artscape-operahuis en sluit o.a. die “Brimstone Pops” met die
Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes, “MI(SA)” met Amanda Strydom en die Kaapstadse Operakoor,
“Die Klanke van Lagunya” met Camillo Lombard en Fancy Galada, Nataniël met sy splinternuwe
produksie, “Anthem”, “Beats of Bollywood-dans” asook die “Soweto String Quartet, Anton Goosen en
Vriende” met Sonja Heroldt, Lynelle Kenned en Early B.
Drama-produksies soos Marthinus Basson se “Die Gangsters”, Christo Davids se “Harry en Jackie:
Tussen die bokse” en Reza de Wet se voorgeskrewe werk vir matrikulante, “Mis” vind plaas in die
kykNET-teater. Daar word ook unieke musiekgedrewe produksies soos “Ella Fitzgerald: A Century in
Song” met Anna Davel en Sima Mashazi, “My Miriam Makeba Story”, “Ernestean Deane” en
klassieke gunstelinge soos “Die Vrolike Weduwee” en “La Serva Padrona” aangebied.
Die Fluweelkamer is gevul met intieme produksies soos die Coffee Snobs in “Donkernagpantoen”,
Neels van Jaarsveld in “Eish-stekend”, “Trio de musique: It takes three 2 tango”, “Klassieke Jeug”,
“Zanzi Africa”en “Tussen Sterre”, ʼn laataand kabaret met Godfrey Johnson in “Shadows of Brel” en
die komedie “Face For Radio” met Dalin Oliver.
Die NATi-Jong Sterre-genre fokus om inklusief binne ʼn diverse teaterindustrie te werk te gaan deur
geskoolde, maar nuwe talent in teater te identifiseer en te ontwikkel. Produksies in hierdie genre
sluit “Honestly, ek verstaan jou nie!”, “Kantel”, “Jerry an unconventional hero & Dude wa’s my
bakkie?”, “Frida Kahlo op ʼn veiling”, “Dieselle”, “Lady E”, “Bossiekop” en “Sondag” in. Ander
produksies wat in die NATi-arena plaasvind sluit in Via.tv se Laetitia Solomons in die skreeusnaakse
produksie, “Vol Klagtes en Gedagtes” en KLOP! se Heindrich Wyngaard in “Jokes en Jezz”.
Wat die Suidoosterfees uniek maak, is dat hul mense van vêrafgeleë gebiede stad toe bring as deel
van die Suidoosterfees Talentsoektog wat op 27 April op die Artscape-piazza plaasvind en die
ATKV/RAPPORT-Harmonie-koorkompetisie wat op 1 Mei in die nuutopgeknapte Kaapstad Stadsaal
plaasvind.
Die 2019 fees sluit op 1 Mei met die “Afsluitingskonsert en ATKV-Koorgala” wat die ses wenkore van
die 2019 ATKV/Rapport-Harmonie-koorkompetisie, die Weskus Jeugorkes, die wenners van die
ATKV-muziq en ATKV-muziqanto, Cameron Williams (saksofoon) en Bongani Kubheka (bariton), Dr
Meagan-Jeffrey Prins (pianis), Janel Speelman (sopraan), Chester Meyer (orrel) en Niël Rademan as
seremoniemeester insluit.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket, Artscape, Checkers en Shoprite winkels landswyd. Daar is
ook ʼn 20% afslag vir blokbesprekings van 10 of meer kaartjies.
Bly op hoogte van die jongste Suidoosterfees-nuus op Facebook (@Suidoosterfees), Twitter
(@Suidoosterfees), Instagram (@Suidoosterfees2019) en besoek www.suidoosterfees.co.za.
