Op hulle eie is hulle dinamiet. Saam is hulle plofbaar. Die uiters talentvolle broers, Emo en Loukmaan Adams, is huishoudelike name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Nou is hulle saam by die fees om jou met hul onweerstaanbare sjarme en altydteenwoordige broederlike wedywering te oorrompel.
Vervaardigers en teks deur Emo Adams, Loukmaan Adams en Basil Appolis.
Regie en vertaling deur Basil Appolis.
Musikale regie deur Camillo Lombard en choreografie deur Loukmaan Adams en Basil Appolis.
Cederbergfees 2012
Senior Sekondêre Skool, Clanwilliam
Vrydag 27 April, 20h00
Toegang: R60