In Breyani fokus die immergroen David Kramer op volksmusiek van die Kaap.
In samewerking met sommige van die Kaap se vernaamste musikante word musiek eie aan die Kaap gemaak op banjo’s mandoliene, ‘n kitaar, saxofoon en trekklavier.Die talent van die kunstenaars word beklemtoon terwyl Kramer die moppie, die ghoemaliedjie, tiekiedraai en vastrap, wat deel van die Kaapse tradisie geword het, verken.
Vroeër hierdie jaar was Breyani deel van KKNK 2010, waar David ‘n Kanna vir sy Buitengewone Bydrae tot ‘n Kontemporêre Musiekproduksie ontvang het. Die produksie is oorspronklik vir die 2009 Suidoosterfees geskep, waar dit by die 2009 en 2010 fees uitverkoop het.
‘n Tien-stuk orkes sluit in Camillo Lombard op klavier en Gammie Lakay op akoestiese kitaar. Don-veno Prins, wat gehore in The Kramer Petersen Songbook en 3 Wiser Men betower het, speel saxofoon. Jacques Steyn, voormalige lid van DNA Strings speel mandolien en baskitaar. Veterane van die Klopse Howard Links en Charlie Rhode speel banjo, mandolien, en kitaar. Die talentvolle Loukmaan Adams met jare se ervaring in musikale blyspele en Maleier Koor kompetisies neem ook deel. Hy sing en slaan die ghoema saam met die geliefde Sonskyn Susters, Elspeth Davids en Ruth Hector. Hulle sing hul harte uit met ‘n kombinasie van gekoesterde Kaapse standaarde en volksliedjies, asook materiaal geskryf spesifiek vir hierdie produksie. David Kramer speel seremoniemeester en Breyani neem die moppie, die vastrap, die ghoemaliedjie en die tiekiedraai tot nuwe hoogtes.
David het onlangs die ATKV Prestige toekenning ontvang, en het ‘n paar weke terug van Innibos teruggekeer waar hy voor ‘n skare van 40 000 ‘n eretoekenning vir sy bydrae tot die Suid-Afrikaanse kunste ontvang het. Hy het lank laas op die verhoog in die Kaap geklim om ‘n seisoen konserte aan te bied. Moet dit nie misloop nie.
Regie: David Kramer
Met: David Kramer, Loukmaan Adams, Camillo Lombard, Don-Veno Prins, Jacques Steyn, Howard Links, Nielen Prinsloo, Gammie Lakay, Elsbeth Davids & Ruth Hector

Baxter Teater, Rondebosch, Kaapstad
Datums & tye: 7 – 31 Des 2010; Maandag – Saterdag 20h15; 24 Des. 18h00; 31 Des. 21h30
Pryse: vanaf R95
Afslag: 10% vir bejaardes & blokbespreking van 10 or meer en 10% afslag vir vertonings 7 – 11 Desember wat voor 31 Okt bepsreek word.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
