Die Wellington Youth Band is ’n spesiale Artscape-projek onder leiding van Ian Smith, wat daarop gemik is om die talente van aspirant jazz-musikante van Wellington en Mbekweni te ontwikkel. Desondanks baie uitdagings het hierdie orkes ’n uitgebreide repertoire opgebou en by die 2012 Woordfees was hul optrede uitverkoop.
Met opkomende kunstenaars van die Wellington Youth Band, en musikante soos die wêreldbekende jazz-trompetspeler Ian Smith; Camillo Lombard, jazz-pianis en hoof van die Kaapse Instituut vir Musiek; Brandon Ruiters van die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, en saksofoonspeler en musiek opvoeder Dayna Pearce.
Vervaardiger: Marlene le Roux
Sa 1 Feb @ 21:00
R 150
Kaapstad
