Noot vir dood



Een van die grootste name in Afrikaanse musiek. ’n Obsessiewe aanhanger. ’n Skinderjoernalis met ’n giftige pen. ’n Sangeres wat gehoop het Idols is haar pad uit armoede, en nog ’n sangeres wie se politieke oordeel veel te wense laat. ’n Bitter akteur wat ’n nuwe lewe probeer maak. En ’n musiekbedryf wat glad nie meer is wat dit was nie …

Die joernalis Tertia Viviers word vermoor kort ná sy ’n geheim uitvind wat die gewilde sanger Carel Strydom se loopbaan kan verwoes.

Maar dié geheim is nie die enigste ding wat sy lewe moeilik maak nie. Daar is ’n obsessiewe aanhanger wat alles dophou wat hy doen, die baas van sy platemaatskappy wat sy eie geheim het en ’n sangeres wat enigiets sal doen om Carel se aandag te trek.

Noot vir dood is ’n roman geskryf deur ’n joernalis wat die Afrikaanse musiekbedryf intiem ken.

♦♦♦

Koop / Buy Noot vir dood (sagteband) >>

Noot vir dood
Noot vir dood
Koop / Buy Noot vir dood (eBoek) >>

Noot vir dood / deur Ilza RoggebandQueillerie, 20 Augustus 2013 – sagteband. — ISBN 9780795800740

Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Noot vir dood, Ilza Roggeband

Lewer kommentaar

Leave a Reply