Magda Louw, die kletskous sonder ‘n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’n gedagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, argumente probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ‘n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om heuning om enigiemand se mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ‘n les in kletterkunde. Sy vra die vrae waaroor sy self wonder: In watter taal droom jy? Waar kom sekere gesegdes vandaan en hoe maak mens as jy en jou lewensmaat en/of kinders verskillende weergawes van dieselfde taal praat?
Magda is is November 2024 vir die eerste keer in die Kaap. Sondag 3 November 2024 (Middagvertoning) om 14h00 (deure open 11h30) by Die Boer in Durbanville. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com