Friedrich Schiller (1759 – 1805), een van die voorste dramaturge van die Duitse verhoog, is in 1805 oorlede en nou, twee honderd jaar later, vier die wêreld sy bydrae tot die wêreld letterkunde, beide as dramaturg en digter. Die Departemente van Drama en van Moderne Vreemde Tale by die Universiteit Stellenbosch herdenk Schiller deur Karel Schoeman se Afrikaanse vertaling van Schiller se drama Maria Stuart op te voer, in samewerking met die Duitse Konsulaat in Kaapstad.
Hierdie opwindende, kontemporêre weergawe van die klassieke Schiller werk word as ‘n grootskaalse studenteprojek aangepak, onder die leiding van die ervare Berlynse teater en film regisseur, Bernhard Wolf. Wolf het al wêreldwyd gewerk, insluitend Uruguay en Pole en beloof ‘n nie-konvensionele en redelik eksperimentele produksie van dié klassieke stuk. Die aanbnieding van Maria Stuart vorm ook deel van die 10de Duitse Kulturele Week van 16 tot 24 September 2005.
Maria Stuart handel oor Koningin Elizabeth I en die laaste dae van Maria, Koningin van die Skotte toe sy gevangene gehou is in die Kasteel van Fothernghay. Die toneelstuk is geskep om ‘n fiktiewe konfrontasie tussen die twee niggies wat lei tot die dood van Maria.
Maria Stuart is te siene in die HB Thom Teater op 16 en 17 September 2005 om 19h30 en weer vanaf 19 tot 24 September om 19h30. Op 21 September is die vertoning om 10h30 in die oggend is. Kaartjies kos R20 vir studente en R30 vir skoliere. Vir inligting of besprekings skakel (021) 808 3216.
