Dis die klein jakkalsies soos bure, honde en mense wat daagliks Holm se wingerd verniel. Marion wíl nie gil nie, sy gaan soek nie smart of geniet verdriet nie … sy systap sonde en stouterds, sy glimlag gedwee en lag luid … sy boks braaf en keer vir seer … sy wys haar grys en is selfs skaam vir faam. Sy praat in prentjies oor die alledaagse lewe met daai tipiese Holm-eerlikheid én heerlikheid.

Kom lag saam oor die chaos en die aanslae … voel dadelik beter oor jou eie kleinighede as Marion lostrek met stories oor vakansies, vegetariërs en vrouwees. Vir die slimmes is daar pitkos, vir die oues is daar oumas, vir die tannies is daar dik koeksisters en vir die ooms is daar ʼn stomp saag. U is welkom om nors te arriveer, daai bui sal nie lank hou nie.   

Covid-19 het ook vir Marion gepootjie en toe kon sy nooit premiere by die KKNK met haar vertoning Marion Holm vanjaar nie.  Gelukkig kon Die Boer restaurant-teater in Durbanville weer sy deure oopmaak en ons verwelkom graag vir Marion terug 13-16 November 2020 elke aand om 20h30 (Sondag 15 November uitgesluit).  Kaartjies kos R160 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Met: Marion Holm

Teks: Marion Holm en Chris Vorster

Regie: Chris Vorster

Vervaardiger: Handyminds

Marion Holm

Lewer kommentaar

Leave a Reply