Die veteraan radio-persoonlikheid Robin Alexander is vroeg Woensdag in die ouderdom van 73 by sy huis in Parktown-noord oorlede, het sy vrou, Ros, gesê.
Hy was veral bekend vir sy uitsendings van middernag tot 06:00 en later van 01:00 tot 05:00 op die SAUK se deurnagstasie Radio Orion van 1983 tot 1993. Daar het hy as die “minister van middernagsake” en “mev. Alexander se jongste en mooiste” bekend geword.
Hy is om 12:05 aan ‘n hartaanval dood.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
