As jy weer agtien kon wees – sou jy ander besluite maak? Ander drome kies?
Miss Africa South, ‘n tweetalige stuk, is die komiese en knop-in-die-keel verhaal van ‘n doodgewone vrou wat in buitengewone omstandighede beland het.
Sapphire is effe eksentriek, effe weerloos, innerlik sterk en ‘n onstuitbare oorlewer. En Sapphire het ‘n geheim – een wat sy nie eens aan haarself wil erken nie.
Miss Africa South, ‘n nuutgeskrewe stuk, is geskep as opdragwerk en vlagskip produksie vir die Suidoosterfees. Hierdie opvoering is met oorvol huise en staande ovasies ontvang. Een van ons land se mees bekende, geliefde en gerespekteerde aktrises – Vinette Ebrahim – skitter in diè ongewone verhaal. Vinette, wat onlangs bekroon is met die Rapport / City Press Prestige Toekenning, is ook bekend as Charmaine in die gewilde SABC 2 sepie, 7de Laan.

Die teks en regie is deur Lizz Meiring, met stel en beligting deur Kosie Smit, en kostuumontwerp deur die bekende couturier Thomas Thomson. Miss Africa South is ‘n eg Suid-Afrikaanse stuk, met ‘n eg Suid-Afrikaanse ster en nommerpas vermaak vir alle Suid-Afrikaners.
Ons beveel aan dat hierdie stuk nie aanklank sal vind by kinders onder 12 nie.
Boys’ High, 5 Sept om 17:00 R80 (SG: Geen O – 12)
Gariepfees 2009 / Gariep Kunstefees 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)
