Sangeres, skrywer en aktrise Amanda Strydom is hierdie jaar vereer deur Kunste Onbeperk vir haar lewensbydrae tot musiek .

In Februarie het sy die Fiësta-toekenning gewen vir haar produksie Stadig oor die Klippers. Vanjaar is sy veertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf en sy vier dit deur die gehoor op ‘n musikale reis vol stories en musiek te neem – van haar beginjaar in 1979 tot die hede. Sy word begelei deur haar pianis, Coenraad Rall.

Miss Mandy is op 2 en 3 Augustus 2019 by Die Boer teater in Durbanville om 20h30.  Kaartjies kos R165 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com.

Amanda Strydom

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar