In ‘n wêreld wat te klein is vir ekstra groot mense, wag daar ‘n mynveld van komplikasies om elke noue hoek en draai.

Terwyl vrouens dikwels hul vetsugtige lot bekla, word daar min uit die mollige man se besige mond gehoor. Hoe swaar hul dra aan die ekstra bagasie – met komiese gevolge.

’n Gewigtige Saak is verrasende vermaak vir die goed gestoffeerdes van beide geslagte, sowel as vir diegene wat nog nooit ‘n kilojoule moes tel nie.

* Debuut *

Met: Wynand Van Vollenstee

Regie: Lizz Meiring

Teks: Wynand Van Vollenstee
Kostuums en ontwerp: Wynand Van Vollenstee, Lizz Mering
Verhoogbestuurder, klank en beligting: Yvette Hanekom
Vervaardiger: Greenroom Industries

’n Gewigtige saak
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 13 –
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R125
Plek: Albert Wessels, Bloemfontein
Datum: 11 Julie 13:30, 12 Julie 13:00, 13 Julie 17:00

Vrystaat Kunstefees 2018


’n Gewigtige saak


’n Gewigtige saak


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply