#NAF Oedipus @ Koö -nú!

Oedipus @ Koö -nú!
Roekeloos
21 Junie


Oedipus @ Koö -nú! is ‘n gewaagde nuwe toneelstuk geskryf en geregisseer deur Greg Homann.

Die stuk is gebaseer op die tragedie Oidipus in Kolonos deur Sofokles. Hierdie verwerking is ‘n speelse allegorie wat ‘n ondermynende en satiriese blik is op die verlede, hede en die toekoms van Suid-Afrika se komplekse politieke landskap.

David Dennis speel Oidipus, ‘n ou man op sy pad na die stad om te versoen met sy vervreemde kinders. Sy oudste dogter lei hom op sy pad totdat hy kom by ‘n stuk heilige grond naby sy geboorteplek. In ‘n oomblik van helderheid onthou hy van ’n voorspelling dat die land waar hy begrawe is vir ewig geseën sal wees.

Belangrik van die stuk is die brandende kwessies vir jong demokrasieë. ‘n Geveg kan ontstaan in die nasleep van die verlies van groot visioenêre indiwidue, die skade wat een generasie aan ’n volgende kan doen en die verantwoordelikhede van ouers en kinders aan mekaar.

Oedipus @ Koö -nú! is ’n mengsel van komedie, satire en tragedie met donker wortels, en helder pienk punte om te maak. Al spreek dit gewigtige kwessies aan, is hierdie ’n hoogs vermaaklike produksie gepak met lekker komedie, ryk aan die teatrale en heerlike ondermyning van die status quo.

David Dennis, Oedipus
David Dennis, Oedipus
Met: David Dennis, Masasa Mbangeni, Ameera Patel, Tumi Morake, Jerry Mntonga en Glen Biderman-Pam
Regie en teks: Greg Homann
Stel en beligting: Denis Hutchinson
Kostuums: Jemma Kahn

Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Plek: Rhodes-teater, Grahamstad
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Datum: 3 Julie 15h00, 4 Julie 15h00 & 20h00, 5 Julie 15h00 & 20h00

Nasionale Kunstefees 2014

2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply