#NAF The Kreutzer Sonata

The Kreutzer Sonata
Roekeloos
28 Junie

Uiterste passie en radikale sienings, met ’n goeie skeut liefde, wellus, jaloesie en losbandigheid.

Die Russiese owerhede het onmiddellik Leo Tolstoy se Kreutzer Sonate gesensor toe dit gepubliseer is in 1889. Die VSA president Theodore Roosevelt het na aanleiding van die novelle na Tolstoi verwys as “pervers”. Die ironie is dat dié novelle juis kuisheid aanmoedig.

The Kreutzer Sonata vertel die verhaal van ‘n voormalige hofklerk genaamd Posdnicheff wat op ‘n trein na Moskou aan sy mede-passasier verduidelik hoekom hy sy vrou vermoor het.

Die novelle is vir die verhoog aangepas en word opgevoer deur Nicky Rebelo onder regie van Clare Stopford. Dit is ’n verhaal van uiterste passie en radikale sienings, met ’n goeie skeut liefde, wellus, jaloesie en losbandigheid – geïnspireer deur Beethoven se Sonate No 9 vir viool en klavier.

Met: Nicky Rebelo
Regie: Clare Stopford
Teks: Leo Tolstoy & Nicky Rebelo
Vertaling: Benjamin Tucker
Beligting: Paul Abrams

Genre: Drama
Plek: Hangar, Grahamstad
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R65
Datum: 8 Julie 16h30, 9 Julie 21h30, 10 Julie 14h30, 12 Julie 12h00 & 17h00

Nasionale Kunstefees 2014

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar