Die aktrise Natasha Richardson is oorlede, net ‘n paar dae nadat sy beseer is in ‘n ski-ongeluk in Kanada. Sy was 45 jaar oud.
Sy was die dogter van die bekende aktrise Vanessa Redgrave en regisseur Tony Richardson.
Richardson het in haar loopbaan in verskeie films opgetree en ook ‘n Tony-toneeltoekenning ontvang. Haar films sluit in The Comfort of Strangers (1990), The Favour, the Watch and the Very Big Fish (1991), Nell (1994), The Parent Trap (1998), Waking Up in Reno (2002), Maid in Manhattan (2002), Asylum (2005) en Wild Child (2008).
Sy word oorleef deur haar man, die akteur Liam Neeson, en twee seuns.


Dis die hartseerste nuus ooit! Ek was nog altyd baie mal oor haar en het hierdie hartseer gebeure elke dag gevolg…het so gehoop dat sy sal regkom na die ongeluk. Ek hoop haar dood was ‘n groot les vir ouers wat nalatig is om vir kinders wat fietsry en skaats, nie valhelms aan te skaf nie…