Nipple Caps en G-strings

Op die oog-af is dit ´n ondersoek na seksualiteit, erotika en sensuur in Suid-Afrika; na die lewe van ´n ontkleedanseres en kan vir sommige mense skokkend wees. Diegene wat egter die werk van Deon Opperman ken, sal weet hy hou hom nie met ydel woorde besig nie. Nipple Caps en G-strings is dan ook baie meer as ´n vertoning wat met die can-can begin en met ´n kaal vrou op die verhoog eindig. “Dit is ´n ernstige uitbeelding van ´n onderwerp van uiterste relevansie vir elke mens,” lui die beskrywing van die dramaturg. En die rede vir hierdie relevansie is inderdaad die één ding waarmee alle mense spook, naamlik die liefde. Hoe eerlik is mense werklik in hul liefdes- en seksuele verhoudinge? Steek mense nie maar altyd iets vir mekaar weg nie en staan hulle dus nooit werklik naak voor mekaar nie. En wat gebeur as een van die twee in ´n verhouding die dag besluit om eerlik en “kaal” te wees?


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply