Op ´n Vrydagaand om die pool-tafel verken twee jong paartjies hul verhoudings. Terwyl daar bier gedrink en bolangs geskerts en geklets word, woel die emosies.
“Balle bied ´n blik op die sosiale dinamiek van eietydse jong couples en hul eiesoortige onsekerheid rondom permanente verhoudings. Pool word ´n bokskryt, word voorspel, is parodie,” lui die persverklaring.
Balle is ook reeds by die KKNK en by die Volksbladfees opgevoer. Dit bied mense ook die geleentheid om met nuwe, jong akteurs kennis te maak. Nina Swart het bekendheid verwerf as Willemien in die sepie 7de Laan, en wys wat sy op die verhoog kan doen, terwyl Neels van Jaarsveld ´n Slurpie gewen het vir sy vertolking van Uys Krige in die briljante Die Goue Seun en in Spanner. Lorraine Burger was te sien in die suksesvolle Raaiselkind.
