Marion Holm en Chris Vorster het nog ‘n jaar oorleef en deel dankbaar en heel plesierig die lesse, lawwighede en lollerye wat die jaar meegebring het.

Holm kan steeds nie bekostig om twee of meer akteurs te gebruik nie, so sy speel weer eens AL die rolle self. En in die verbygaan verwys sy ook na ander rolle …

Armoede, padwoede, honde, Afrikaans en die sukkel om daagliks te oorleef, is van die prettighede waaroor sy spekuleer.

As jy graag iets ontstellend ernstig wil sien, is hierdie nie die vertoning vir jou nie. As jy egter wil glimlag en net ‘n KLEIN bietjie dink – gaan kyk gerus!

Met: Marion Holm

Regie: Chris Vorster

5 April om 20:30 en Sondag 8 April om 13:30 by Die Boer restaurant teater-Durbanville
Kaartjies: R130
Bespreek: 021 979 1911

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar