RSG en Lefra Produksies se baie gewilde Oppiwater Kunstefees word vir die sesde jaar op die MSC Musica aangebied van 15 tot 19 April 2019.
Vorige jare het die fees uitverkoop – so bespreek vinnig om jou plek op hierdie drywende kunstefees te waarborg. Hulle vaar vanaf Durban na Mosambiek toe en besoek die pragtige eiland, Pomene. Oppiwater is ‘n volwaardige kunstefees met meer as twintig van Afrikaans se topproduksies wat in verskeie lokale en teaters aangebied gaan word. Gaan besoek gerus www.oppiwater.co.za of bespreek by 0860 11 44 11. Vir meer inligting, epos Lefra aan admin@lefra.com
Neem asseblief kennis dat die Oppiwater Fooi jou toegang gee tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater Fooi, kry jy wel gesubsidieerde en goedkoper kaartjies (van R20-R95 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160-R250) Kaartjies vir die verskillende produksie moet apart bespreek word by Computicket. Die Feesprogram sal teen 1 November 2018 beskikbaar wees. Feesgangers word aangeraai om vroegtydig hulle kaartjies by Computicket te bespreek. Daar sal kaartjies op die MSC Musica beskikbaar wees teen $15 (ongeveer R195) per kaartjie. So dit is beslis wys om eerder vroegtydig hier in Suid-Afrika by Computicket te bespreek.
Oppiwater Kunstefees 2019 program